Rinkink Speelskool - Vars van die Plaas
KOM DEEL AAN DIE PRET
Rinkink Speelskool is te vinde op een van die laaste oorblywende stukkies plaas in Durbanville.




INLEIDING
Rinkink Speelskool is geregistreer by alle vereiste plaaslike en sentrale departementele liggame. Ons streef daarna om elke unieke kleuter optimaal te laat ontwikkel met ’n geïntegreerde “plaaslewe” grondslag.
LIGGING
Die asemrowende landgoed bied aan ons maats die geleentheid om die Skepping kaalvoet en speelsgewys te beleef. Hier ontwikkel kleuters ’n waardesisteem van respek, passie en liefde vir hul medemens en dier. Op die plaas is daar ’n verskeidenheid plaasdiere wat in die speelarea, kraal, kampies of veld aangetref word.
Inligting
- Tweetalig (Afrikaans en English)
- Leer terwyl daar gespeel word
- Vele buitemuurse aktiwiteite
- Kinders 2 tot 5 jaar
- Plaasomgewing met plaasdiere
- Geregistreer met die plaaslike owerheid
Ontmoet die Span

Elsie Geringer
Hoof / Onderwyser
Elsie het Rinkink gestig in 2002. Sy is die hoof en behartig ook die Perdjie-klas (2-3 jariges).

Nadia Tolken
Onderwyser
Die Voëltjie-klas (4-5 jariges) word geleer deur Nadia.

Melanie Jansen
Administrasie / Sekretaresse
Al Rinkink se administrasie word behartig deur Melanie.

Vanessa Ndabambi
Assistent
Vanessa assisteer Nadia met die Koeitjie-klas.

Willis Kuanda
Assistent
Willis help vir Elsie in die Perdjie-klas.

Gene Pitersen
Assistent
Gene is Melanie’s se regterhand in die Skaap-klas.
Kontak Ons
Adres
Rinkink Speelskool @ Gan EdenVissershokpad
Durbanville
Wes-Kaap
Suid-Afrika
Kontakpersoon
Elsie GeringerHoof
E-pos: elsie@rinkink.co.za
Foon: 072 041 2527Melanie
Administrasie / Sekretaresse
E-pos: admin@rinkink.co.za